PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 27 July 2015 21:13
Untitled Document

Mariëtte Blom van Rayton skryf:
Somtyds ontmoet jy iemand langs die pad wat ’n onuitwisbare indruk maak op jou. So ’n persoon onder andere was oom Gerhard Schoeman. Altyd ’n vriendelike glimlag en ’n regte gentleman.

Ek het met hartseer verneem dat hy oorlede is. ’n Mens verloor vriende, familie en ander dierbares seker op ’n gereelde basis. Sommige se afwesigheid laat ’n groter leemte as ander. Die spontane kuiers raak minder en skielik kom jy agter hoe erg die gemis is.

Kinders bly oor die wêreld heen en jy besef hoe baie mense ’n leemte laat. So ook een van die dae liewe dominee Ockie en Arina wat verhuis.

 

© 2019 Die/The Bronberger