Leser uit volstruishoofstad PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 27 July 2015 21:14
Untitled Document

Coen Basson van Oudtshoorn skryf:
Ek woon in die volstruishoofstad van die wêreld – Oudtshoorn in die Klein Karoo. Ek ontvang gereeld julle e-pos. Baie dankie, moenie my naam afhaal nie. Die interessante, intelligente artikels – oor so ‘n wye verskeidenheid aktuele dinge – bly ‘n plesier om te lees.

Kan julle my dalk help? Ek wil graag kontak maak met Theuns Verster van Die Wilgers wie se artikel ‘Groen manier om kragonderbrekings te fnuik’ in November 2014 verskyn het. Ek wil meer inligting by hom kry oor sy briljante plan. Ek soek sy kontakbesonderhede. Hoop julle kan my help.

Groete uit ons unieke streek waar ‘Die Herrie’ (Langenhoven se olifant uit Herrie op die tremspoor) ons plaaslike advertensiekoerantjie is, maar slegs advertensies en nie so ‘n omvattende tydskrif soos Die Bronberger nie.

Brief verkort. Dankie vir jou mooi woorde oor die Bronnie, Coen. Theuns Verster se nommer is
073-334-8753 en sy e-pos adres is This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger