Windpomp as geselskap PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 27 July 2015 21:16
Untitled Document

Hester Jongbloed van Mpumalanga skryf:
Die April-uitgawe van Die Bronberger het heelwat oor windpompe gehad. Ek het ’n paar maande terug, baie hartseer, Pretoria verlaat. Ek het plek gekry op ’n plaas in Mpumalanga en voor my plekkie was ’n windpomp.

Ek het so verlate gevoel, deur God en mense verlaat. My vriende het my vergeet, maar daar was die windpomp en ek het in my eensaamheid met die windpomp as geselskap, my verhouding met die Here herstel.

Ek het ’n stuk geskryf oor die windpomp en stuur dit hiermee saam. Hy staan in alle weersomstandighede, rustig. Ek het ook weer mens geword, deur al die aanslae van mense, rustig.

Laat dit goed gaan en dankie vir die lieflike artikel oor die windpompe van ons lewe.

Ons kon ongelukkig nie die stuk oor die windpomp plaas nie. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger