Metroraad wil familie-begraafplase oorneem PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 25 August 2015 06:16
Untitled Document

Die metroraad wil alle private begraafplase en familiebegraafplase oorneem. Voorgestelde veranderings aan die Tshwane Metroraad se munisipale verordeninge is met die raad se Julie-vergadering goedgekeur, en die skatting is dat dit so ses weke sal neem om die veranderings te promulgeer.

Volgens raadslid Danie Erasmus, ‘n inwoner van die Cullinan-distrik, is die motief wat agter die verordening skuil bloot om geld beskikbaar te stel vir die onderhoud van tradisionele leiers se grafte.

“Die probleem verdiep want leiers mag dan volgens die verordeninge ook nie meer in hulle tradisionele begraafplase begrawe word nie,” sê hy. 


Die Barnards se familie-begraafplasie by Waterlake Farm

Verwarring
Danie sê hy voorsien onsekerheid en verwarring as al die begraafplase in die metroraad se gebied skielik onder beheer van die munisipaliteit moet kom. Wanneer die veranderings aan die verordeninge in werking tree, sal geen persoon toegelaat word om ‘n geliefde in ‘n familiebegraafplaas te begrawe nie. Daar is nie eers voorsiening gemaak vir ‘n familie om vir vrystelling van die regulasies aansoek te doen nie, sê Danie.

Volgens hom is nie alle rolspelers in die begrafnisondernemingsbedryf in die besluit geraadpleeg nie. Hy sê hy wonder of Tshwane-amptenare besef dat dit ook beteken dat die metroraad die onderhoud van familiebegraafplase en toekomstige grafgrawery sal moet oorneem.

As so iets gebeur, sê Danie dat hy graag sal wil sien dat die metroraad dan ook die dokumentasie oorneem sodat ‘n mens die ligging van alle klein begraafplasies kan sien en ‘n lys van die mense wat daar begrawe is kan bekom.


Die Boschkop 369 begraafplaas, waar grafte strek van 1922 tot 1975
Foto: eGGSA

Statistiek
Volgens Blessing Manale, woordvoerder vir die burgemeester, is daar ongeveer 64 begraafplase in die metroraad se gebied. Van dié besit die raad 33, terwyl ander deur verskeie organisasies bestuur en beheer word, en ander informeel en onwettig is.

Die grootste bestaande begraafplaas is die 247 ha Zandfontein Begraafplaas waar ongeveer 60 000 mense begrawe is.

Nuwe begraafplase wat ontwikkel word is die Klip-kruisfontein begraafplaas in Soshanguve en die
600 ha Tshwane-Noord begraafplaas in Hammanskraal.

Mabopane-, Heatherly- (in Mamelodi/Nellmapius), Ga-Rankuwa- en Centurion begraafplase gaan glo almal uitgebrei word.

 

© 2019 Die/The Bronberger