Hartseer afskeid van geliefde leraar PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 August 2015 06:22
Untitled Document

Die NG Gemeente Rayton het op 19 Julie ‘n hartseer afskeid van hulle leraar, ds Ockie Olivier, en sy vrou Arina geneem. Hulle beweeg aan na ‘n nuwe gemeente op Vierfontein.

Ná die afskeidspreek het ouderling Jan Smith ‘n program gelei waar geskenke oorhandig is en boodskappe deur die verskeie aksies van die gemeente aan die leraarspaar gebring is. Die gemeente het daarna vir oulaas saam met die Oliviers geëet.


Die Olivier-gesin, van links na regs: Stephan, ds Ockie, Jean, Arina en Luhandru heel voor.
Amorette woon oorsee

Ds Ockie was 13 jaar lank verbonde aan die NG Kerk Rayton, en hy sal onthou word vir sy opregtheid en liefde vir die waarheid, sy kennis van die Bybel en deeglik voorbereide preke, sê gemeentelede.

Sy aanbieding van Bybelstudie was glo ‘n belewenis en dit gaan baie gemis word. Hy het ook die jaarlikse Bybelvasvra-kompetisie ingestel waaraan ‘n hele paar spanne uit die gemeente meegeding het om ‘n trofee.

Hy het Helplift, waar behoeftiges gehelp word met verblyfreëlings, kos, klere, werkvoorsiening en vervoer na Pretoria om dokters en hospitale te besoek, op die been gebring.


Ds Ockie en sy vrou Arina ontvang geskenke by die afskeidsfunksie
Foto’s: Paul Bosman en Hennie Malan

Arina sal onthou word vir haar vriendelikheid en liefde vir haar gesin en die gemeente. Sy het die sanggroepie een keer per maand voor eredienste gelei en was betrokke by die vrouebediening, waar sy goeie sprekers vir die Wêreldbiddag vir Vroue gekry het.

Ockert Petrus Jacobus Olivier is op 22 Maart 1961 gebore. Hy het by Hoërskool Die Adelaar in Roodepoort gematrikuleer, waar hy in 1978 die hoofseun was.


Arina, ds Ockie en Luhandru by die afskeidsfunksie

Na matriek het hy aan die Randse Afrikaanse Universiteit studeer en die graad BA (Admissie) behaal.

Vanaf 1982 tot 1985 het hy aan die Universiteit van Pretoria, waar hy die graad BD en ‘n nagraadse diploma in Teologie verwerf het, studeer. In 1992 het hy ‘n jaarkursus in huweliksvoorligting en berading by UNISA gedoen.

 

© 2019 Die/The Bronberger