PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 August 2015 06:23
Untitled Document

Die agtste Genealogie en Familie-erfenisfees is op Saterdag 5 September by die Lynnwoodrif Atrium.
Dit is jou kans om familie-raaisels deur ervare uitstallers te laat oplos. Neem leidrade, volle name, plekke en datums van voorouers se geboorte, doop, huwelike en sterfte saam.


Isabel Groesbeek

Die uitstallings is van 8.30 vm tot 1.30 nm oop vir die publiek. Daar is ‘n teetuin en koskraampies en boeke gaan te koop aangebied word.


Familieraaisels word opgelos

Inligtingsessies word in die hoofruim langs die Atrium gehou. Van 9.30 vm tot 10 vm is die onderwerp ‘Genealogie en ’n fotoplakboek’. Van 10.30 vm tot 11 vm kan jy uitvind hoe om jou weg op ‘Family Search’ op die Internet te volg.


Daar is genealogie-verwante uitstallings by die fees

Bespreek jou sitplek by organiseerder, Isabel Groesbeek: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-441-2325.
Toegang is gratis. Vir meer inligting besoek die openbare groep, Families Info SA, op Facebook. Die Lynnwoodrif Atrium is in Lanciastraat 269, Lynnwoodrif.

 

© 2019 Die/The Bronberger