Feestyd op Willem Wragtag se werf PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 August 2015 06:29
Untitled Document

Die jaarlikse Plaasfees is op Saterdag 5 September by die Willem Prinsloo Landboumuseum.
Vanjaar is daar ‘n pluimveeskou, ‘n konynskou, ‘n veteraantrekker en -enjin uitstalling, kinderspeletjies, ‘n biertuin, optredes en ‘n verskeidenheid kraampies.


Perdry is een van die plaas-lekkertes

Mense kan kyk na ploegdemonstrasies, die afdop van mielies, maal van meel, baal van hooi, braai van kaiings, tradisionele broodbak, die melk van koeie en kan ‘n regte ou plaaswerf met al sy diere ervaar.


Besoekers word met ‘n sleepwa rondgery op die Plaasfees

‘n Toer van die opstal uit 1880 kan meegemaak word en piekniek- en braaigeriewe, ‘n restaurant en kampeergeriewe is beskikbaar.

Die museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Vir meer inligting skakel 012-736-2035/6, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webtuiste: www.ditsong.org.za/willemprinsloo.htm.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger