Iets om na uit te sien PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 27 September 2015 15:17
Untitled Document

Alet Erasmus van Kleinfontein skryf:
Ek wens julle ’n vreugdevolle lente toe met baie mooi stories om nog in Die Bronberger te verskyn!

Die Bronberger was in al die jare wat ons deel is van die omgewing, ’n tydskrif om na uit te sien. Die een of twee uitgawes wat ek nie gekry het nie, was ’n verlies.

Die tydskrif is ingekleur met mense se lief (meestal) en soms ook leed . . . die verloop van die lewe.

Ons ondersteun graag die adverteerders – sommige al ou bekendes. Elke maand sien ons uit na die voorblad waarvan ons as lesers op die Bronnie se bakkiesblad soms mag help met die keuse.

Baie dankie vir die pragtige en leersame tydskrif. Baie geluk met nog ’n verjaarsdag!

 

© 2019 Die/The Bronberger