Stadsraad sou steel PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 27 September 2015 15:22
Untitled Document

Douw van Staden van Rayton skryf:
Wat die stadsraad doen is dat hulle ’n heffingsfooi op jou water en ligte rekening sit, soos aangedui op die foto van my staat.

As jy navraag doen sê hulle dat dit ’n aansluitingsfooi is as gevolg van jou krag of water wat afgesny was. In my geval en ek weet van nog ander mense in Cullinan, nadat ek begin praat het, was dit nooit afgesny nie.


Die rooi streep dui die heffingsfooi aan

Toe ons navraag doen word daar gesê hulle het ’n fout begaan. Dit wil sê as ek nie navraag gedoen het nie hulle my geld sou gesteel het.

 

© 2019 Die/The Bronberger