Baie geluk, Ernest PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 27 September 2015 15:23
Untitled Document

Ernest Rood se familie en vriende van Rayton skryf:
Die familie en al oom Ernest Rood se Rayton-vriende wens hom baie geluk met sy 84ste verjaardag, wat op 10 September was.

Op sy rype ouderdom skilder oud-onderwyser Ernest nog professioneel en behartig ook sy pottebakkery hier in Rayton waar hy kom aftree het. Uit sy pottebakkery-oond kom ook die hoeksteen van die NG Kerk, Rayton.


‘n Jong Ernest Rood

Op sy kerfstok is daar skilderye van bloekom- en kremetartbome, ou Struisbaai, ou Clanwilliam, vliegtuie en tonele van Griekse eilande. Hy het ook in opdrag Impala- en Buccaneer-spuitvliegtuie vir die lugmag gelewer en ’n portret van kommissaris de Mist vir Krygkor geskilder.

Oom Ernest werk en stal steeds op ’n klein skaal uit in sy ateljee by sy huis te Premierstraat 10, Rayton.

 

© 2019 Die/The Bronberger