Dankie vir dans PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 27 September 2015 17:24
Untitled Document

Chanel Bergman van Kungwini Welsynsorganisasie in Zwavelpoort skryf:
Kungwini Welsynsorganisasie wil dankie sê vir almal wat ‘n bydra gelewer het om die Nickel Dans op 4 September ‘n sukses te maak. Die dans was op Kungwini Welsynsorganisasie se perseel in Zwavelpoort van 7 nm tot laat.

Dankie aan die reëlingskomitee, Regina Lombard en Omnia Williams. Dankie aan al die gasvrouens wat help kaartjies verkoop het. Dankie aan almal wat kaartjies gekoop het en die aand ‘n reuse sukses gemaak het. Alle kaartjie verkope was ten bate van Paul Jungnickelhuis.

 

© 2019 Die/The Bronberger