Blikkieskos-projek in Rayton geloods PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 27 September 2015 15:39
Untitled Document

Die Raytonse Kleuterland Kleuterskool het in Augustus begin om elke Vrydag blikkieskos vir Quimi-huis bymekaar te maak. Dié insameling vorm deel van Solidariteit Helpende Hand, Rayton-tak se blikkieskos-projek.  

Dié projek strek tot die einde van November en elke maand se wenner sal aangekondig word.


Augustus se klas-wenners is die graad R’s

Kleuterland se kinders kompeteer in twee kategorieë: Die kind wat die meeste blikkies gebring het kry ‘n kontantprys, en die klassie wat die meeste blikkies ingesamel het gaan op ’n uitstappie.

Keagan Vice is die individuele wenner vir Augustus en hy het R100 kontant gewen. Die klassie wat die hardste gewerk het was die Graad R-klas.

Sake-ondernemings in Rayton neem ook aan dié projek deel om nood in die dorp te verlig.

 

© 2019 Die/The Bronberger