Dankie vir bedagsaamheid PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 27 October 2015 07:33
Untitled Document

Gert van Cullinan skryf:
Ek wil net vandag dankie sê vir ’n bedagsame mens wat ek nie ken nie, maar wat ek hoop die Bronnie lees en hierdie sal sien.

Ons bly nou al ’n rukkie in die dorp naby die hoërskool en ek is iemand wat gewoonlik vroeg wakker is.

In die more vroeg as dit nog donker is, hoor ek hoe die bedagsame mens sy/haar kar aansit en dan baie saggies en stadig wegry met so min geraas as wat ’n kar moontlik op ’n stil oggend kan maak, seker om iewers te gaan werk.

Hierdie is iemand wat aan sy medemens dink en probeer om nie die mense wat nog slaap te pla nie. Baie dankie!

Ek wens almal was so bedagsaam, maar ongelukkig is dit nie die geval nie. Net ’n rukkie later is dit ’n buffel met ’n motorfiets se beurt om werk toe te gaan en hy probeer sy bes om soveel geraas as moontlik te maak. Jy kan hom hoor op sy skreeuende motorfiets tot hy al ver uit die dorp uit is. Die tragedie van die saak is dat die motorfietsvark seker dink hy is vreeslik oulik om so te raas as almal nog wil slaap.

 

© 2019 Die/The Bronberger