Tierpoorters loop teen dwelms PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 October 2015 08:04
Untitled Document

Die mense van Tierpoort en omgewing het op 10 Oktober saamgetrek om aan ’n pretloop deel te neem.
Die groot loop het oor vier kilometer op die gebied se plotpaaie gestrek en is ten bate van Ezekiel Huis in Tierpoort gehou. Ezekiel Huis is ’n rehabilitasie-sentrum, wat ook dwelmbewusmaking by skole en ander instansies doen.

Die dag is deur Lorraine Oosthuizen van Tierpoort Slaghuis gereël.


Pretlopers op ’n Tierpoortse plotpad


Pryse vir die oorspronklikste stapdrag is gewen deur Jaques Oosthuizen (links) en Mandy Jacobs (regs). In die middel staan Lorraine Oosthuizen, wat die dag gereël het


Pretlopers het by die Tierpoort-koopsentrum saamgetrek en -gekuier

 

© 2019 Die/The Bronberger