Op 81 stal Mimi steeds uit PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 October 2015 08:05
Untitled Document

Elsabé Maré

Kunstenaar Mimi van der Merwe het op 3 Oktober by Art of Silver in Cullinan uitgestal.

Die 81-jarige Mimie skep etse, skilder en bied kunsklasse aan vir leerlinge van 19 tot 84 jaar oud.


Van links na regs: Anton Loubser, Mimi van der Merwe, Kobus O’Callghan in die agtergrond, Dirk Theunissen en Denise York

Mimi het in Malmesbury grootgeword. Sy het BA-tale by Stellenbosch voltooi en het daarna ‘n drie jaar skone kunste diploma by die Stellenboschse Kollege vir Kunste gevolg. Daarna het sy in Frankryk aan die “Ecole des Beau Arts” studeer.

Sy het ook skoolgehou en Afrikaans en Frans gegee. Op 40-jarige ouderdom het sy Pretoria toe getrek en ‘n kunsskool in haar motorhuis oopgemaak.

 

© 2019 Die/The Bronberger