Andrew toor met jakarandas PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 October 2015 08:06
Untitled Document

Oktober is jakaranda-tyd. Die fokus is gewoonlik op dié boom se pragtige pers blommetjies, maar ‘n kunsuitstalling deur ‘n skaam rekenaarkundige wys wat van jakaranda-hout gemaak kan word.

Andrew Bourke vertoon vir die eerste keer sy houtsneewerk by ArtBox in Elarduspark.


Dié geblomde mandjie is uit jakaranda-hout gemaak

“Dit is ongelooflik om te sien wat Andrew met ‘n stuk jakarandahout kan doen,” sê galery-eienaar, Etienne van Zyl.

“Sy vorms en teksture is baie interessant en jy verkyk jou aan sy kerftegnieke. Die werke is in mandjievorms uitgekerf, ander lyk soos see-anemone, Afrikapotte met lieflike teksture en dan is daar ook die meer tradisionele houtsneepotte.”


Andrew Bourke

Andrew is ’n informasie-tegnologiespesialis wat net deeltyds aan sy stokperdjie werk.

 

© 2019 Die/The Bronberger