PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 October 2015 08:07
Untitled Document

Ruan van Zyl van Tierpoort het sesde plek in die wêreldkampioenskappe vir driekamp behaal. Dié kampioenskappe is op 26 September in Sardinië, Italië gehou.

Ruan, ’n graad elf leerling van Tygervalley College, het Suid-Afrika in die junior elite-kategorie, 16 tot 19 jaar, verteenwoordig. Die kampioenskappe het uit 750 m swem, 16 km bergfiets en 6,4 km landloop bestaan.


Tierpoorter Ruan van Zyl

Ruan het die 750 m in 10 minute en 32 sekondes geswem, wat hom in negende plek geplaas het. Hy het die bergfietswedren van 16 km in 44 minute en 21 sekondes gery, wat hom in sesde plek geplaas het. Hy het dié posisie behou toe hy die 6,4 km landloop in 27 minute en 38 sekondes klaargemaak het.

Die 17-jarige Ruan is sesde in sy ouderdomskategorie in die wêreld geplaas in ‘n tyd van een huur, 23 minute en 51 sekondes. Suid-Afrika het vier atlete in die junior elite-kategorie se top tien gehad.


Ruan by die wêreldkampioenskappe in Italië

Die 19-jarige Michael Lord van Stellenbosch Universiteit is as wêreldkampioen gekroon. Die 18-jarige Michael Ferreira van Bryanston High School was tweede en die 16-jarige Stephan Kennealy van Pretoria Boys High was negende.

 

© 2019 Die/The Bronberger