Gebruik spaarsamig PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 24 November 2015 19:44
Untitled Document

Hoewebewoner van Cullinan skryf:
Ek weet ’n groot persentasie van die Bronnie se lesers bly, soos ek, op kleinhoewes en dit is veral op hierdie lesers en op mense wat boorgate in hulle erwe het, wat ek ’n dringende beroep wil doen:
Ons beleef een van die droogste vroeë somers wat ek nog in hierdie gebied gesien het en ek merk oral in die Bronberg-gebied werk mense se boorgate oortyd om tuine en grasperke mooi te hou.

Anderdag was ek in Mooikloof en dit is iets om te aanskou hoe die sproeiers daar op die groot grasperke loop.

Mense besef blykbaar nie dat daar ’n ding soos ’n watertafel is nie en dat die aanhoudende gepomp van water uit jou boorgat uiteindelik ook jou buurman se water sal laat opdroog.

Ek vra mooi dat ons ’n bietjie moet afskaal, minstens tot die goeie reën eers weer geval het. Gebruik intussen jou boorgatwater net vir die nodigste, asseblief. ’n Bietjie water vir die noodsaaklike gebruik is beter as ’n droë boorgat en geen water nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger