Insiggewende artikel PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 24 November 2015 19:48
Untitled Document

Thys Lübbe van die Bronberg-gebied skryf:
Baie dankie vir julle prag tydskrif – geniet dit elke maand!

Ek het pas die nuutste Bronberger onder oë gehad en kennis geneem van die artikel oor vrymesselaars. Nogals heel insiggewend.

So ‘n klompie jare gelede het ek die biblioteek in Sammy Marks besoek en toe kom ek af op ‘n gedeelte in ‘n boek wat sê dat tydens en na die Tweede Wêreldoorlog daar net in Voortrekkerhoogte (toe Robert Heights) 13 vrymesselaarlosies was en die interessante feit – een van hulle was The Brother Band genoem.

Dit sou nie dalk die een wees waarna op bladsy 31 van Die Bronberger in kolom twee na De Broederbond-losie verwys word nie? Was daar dalk ‘n verwantskap tussen die Broederbond en The Brother Band? Wonder maar net!

‘n Lid van die Broederbond het jare gelede aan my ‘n uitnodiging gerig om lid te word, maar ek het geweier. Nie in my geaardheid om in die geheim te lewe en te doen en dan nog net mekaar te bevoordeel nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger