Die kosbaarste Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 January 2016 22:12
Untitled Document

Sandra van Staden van Wonderboom-suid skryf:
Goeie dag, Bronberger. Voorspoedige nuwe jaar vir ieder en elk by Die Bronberger.

Die mens se kosbaarste besit is sekerlik ’n opregte, eerlike en ruim vriendskap met ’n ander mens. ’n Vriend is een wat sonder ’n groot omhaal van woorde kan troos as jy kaalgestroop is deur ellende. Dis ’n mens wat jou aanvaar vir wie en wat jy is, wat jou kan vergewe vir jou tekortkominge en jou waardeer vir die beperkte mooi in jou.

Dis ’n mens wat sonder die soek na eie voordeel onvoorwaardelik gee waartoe hy in staat is. Hy kan hoor sonder dat jy praat, kan verstaan sonder dat jy kan verduidelik, kan verskil sonder om te veroordeel, kan teregwys sonder om te verneder of te verkleineer.

Ek hoop alle Bronnie-lesers het daardie een spesiale vriend of vriendin.

 

© 2020 Die/The Bronberger