Dis hoogtyd Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 January 2016 22:13
Untitled Document

Anton Jansen van Belofte op Rietfontein skryf:
Ek wil nou nie geagte Vreethans van Heerden een voor wees nie maar ek kan nie nalaat om oor ’n heerlike eetverrassing by Café Boma in Moreleta Plaza te skryf nie.

Dit was hoogtyd dat ons in hierdie gebied ’n semi-deftige restourant kry en die eienaars wat al my komplimente kry, voorsien in die behoefte. 

Ek sal my nie waag om die kos en die atmosfeer te beskryf nie, want Vreethans is voortreflik daarin, maar wat my opgeval het is die keurige tweetalige spyskaart. Die volgende stap is seker dat
Die Bronberger
op die toonbank gaan pronk.

Sterkte, Boma.

 

© 2020 Die/The Bronberger