Hoekom inligting weerhou? Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 January 2016 22:14
Untitled Document

Wynand Fourie skryf:
Ek lees in Die Bronberger van Desember 2015 dat u bevestiging ontvang het vanaf ’n bron wat direk betrokke is, dat verskeie goedkeurings reeds gegee is vir die wisselaar waar die PWV17 by die N4 sal aansluit. Daar is ook al oor ’n lang tydperk verskeie kere in verskillende bronne verwys na hierdie wisselaar.

In u November 2015 uitgawe word inligting aangehaal soos verskaf deur Bokamoso Environmental, en wel dat die PWV 17 nie by die N4 gaan aansluit nie, (en hom dan waarskynlik ook nie sal kruis nie?).

Ek kan aanvaar dat paaie in segmente beplan word, maar kan nie verstaan waarom iemand sou probeer om inligting te weerhou van die geaffekteerde publiek nie. Wie sou voordeel trek daaruit?

Dit is tog die plig van die omgewingskonsultant om al die feite onpartydig uit te lig, sodat belanghebbendes hulle insette kan lewer en die owerhede ingeligte besluite kan neem.
 

© 2020 Die/The Bronberger