Het jy gehoor? / Have you heard? - Des 2008 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 03 December 2008 19:25
Untitled Document

Olga, die merrievul, se nuuskierigheid was erg geprikkel toe ons onlangs probeer het om ’n voorbladfoto vir ons Kersuitgawe in die Bronberg te neem. Dis Olga se weiwêreld dié en sy was baie wantrouig oor die klein mannetjie in die rooi pakkie wat hom skielik oral op klippe en in bome op die berg kom neerplak het.


Olga loer versigtig oor die grasse na dié vreemde indringer op die klip
.

Genoeg is genoeg! Olga besluit om nadere ondersoek te gaan instel. Die geheim is om die baardmannetjie fyn dop te hou. As hy roer kan ’n perd omvlieg en laat spaander

Nou toe. Wat het jy nogal vir jouself te sê?

Toe glad nie so dapper nie, nè? Ruik ook nie juis eetbaar nie

 

 

© 2019 Die/The Bronberger