Oulike ontdekking Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 18 June 2016 15:50
Untitled Document

Annalize McGovern skryf:
Ons was die Saterdag by ’n mark in Bapsfontein, wat blykbaar elke eerste Saterdag van die maand aan is. Daar het ons ook ’n oulike restaurant ontdek.

Ons was nie seker of ons daar ’n pizza wou eet en of ons ’n vleisie langsaan wil koop (by die slaghuis) om huis toe te vat nie. Toe ons dit vir die slaghuisman vertel, het hy voorgestel om langsaan by sy vroutjie se restaurant te sit en hulle kan dit vir ons voorberei met enige bykos.

Dit was nou so ietsie anders. Ek vra vir Die Bronberger om so ’n bietjie te gaan koekeloer in Bapsfontein.

Brief verkort. Dankie, Annalize, ons sit dit op ons emmerlys vir die toekoms. – Red
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger