Waar is ons Bronnies? Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 18 June 2016 15:51
Untitled Document

Stersia Botha van Mooikloof skryf:
Dis met verskriklike leedwese dat ek hierdie e-pos skryf. Waar, o waar is die Mooiklowers se Bronnie?
Ons het hom baie lanklaas onder oë gehad en ek ly aan erge onttrekkingsimptome – ‘n ontsettende lee, ontredderde weeskind-gevoel.

Kan jy asseblief lig op die betreurenswaardige saak werp of het jy goeie nuus vir my?
Groete en sterkte met julle goeie werk.

Ons het in die verlede voor aflewering by Mooikloof se posbusse, 'n hekkode telefonies by ’n vriendelike lid van die personeel gekry, wat aflewering vinnig en gerieflik gemaak het. Op 'n dag het 'n 'nuwe' stem ons eers daarvan beskuldig dat ons 'n hekkode kry en dan nooit aflewer nie. Daarna het sy gesê ons kan die hekwag vra om haar te bel voor ons toegang kan kry. Omdat dié proses soms baie lank kan duur en ons afleweringstyd beperk is, het ons begin om Mooikloof se Bronnies by ondernemings, soos die apteek en die veearts-winkel, van die koopsentrum by die landgoed se suidelike hek neer te sit. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger