Almal welkom by pretdag op Mooiplaats Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 August 2016 22:07
Untitled Document

Die Christelike Maatskaplike Raad hou op 25 September ‘n fondswerwingsdag by Rosemary Hill op Mooiplaats. Dié pretdag is vir die hele gesin en sluit bergfietsritte, pretdraf of -stap, boeresport en ‘n vlooimark in.

Die dag begin om 10 vm. Die pret bergfietsritte se begintye is as volg: 10.30 vm vir die 30 km; 10.45 vm vir die 10 km; en 11 vm vir die 5 km. Die 5 km pretdraf of -stap begin om 11.30 vm en die 1 km om 11.45 vm.


Erich Posthumus

Liesel Krause Wiid

Bekende motiveringspreker en komediant, Erich Posthumus, en televisie- en radio-persoonlikheid, Liesel Krause Wiid, gaan die dag daar wees. Daar gaan ‘n verskeidenheid pretpryse wees vir die span wat die beste aangetrek is, die span met die beste gees en gelukkige trekkings.

Vlooimark-kraampies is beskikbaar teen R300. Toegang is R100 vir volwassenes en R80 vir kinders. Dié fooi sluit toegang tot alle aktiwiteite in. Kaartjies kan by die hek gekoop word of by www.cmroos.co.za.


‘n Deel van die bergfietsbaan by Rosemary Hill

Rosemary Hill is op plot 257, Mooiplaats. Vanaf die N4 Witbank-snelweg, neem die Boschkop/Donkerhoek afrit. Draai suid en jy sal die plek na 2 km op ‘n grondpad (R964) kry.

 

© 2020 Die/The Bronberger