Lekkerlees in moedertaal PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 September 2016 17:17
Untitled Document

Alwyn Nel van Perth skryf:
Ek onthou die Bronnie se geboortepyne wat Gerhard en Angie met ons gedeel het op ’n gemeenskaplike nuusgroep jare terug. En jou wrintie, hulle het dit gemaak werk.

Ek het kort daarna Australië toe verkas, maar die Bronnie het saamgekom met die Internet langs. Wel gedaan Gerhard en Angie, en dankie vir die lekkerlees in my moedertaal hier in die vreemde.

 

© 2019 Die/The Bronberger