Chimoné wen sitkamerstel by nickel kersmark |
|
|
|
News -
Aktueel
|
Tuesday, 22 January 2008 00:00 |
Untitled Document
Chimoné Lambrechts van Pretoriuspark
is die gelukkige
wenner van die Dingaan
drie-stuk sitkamerstel ter waarde
van R12 000.
Chimoné het dié stel, geskenk
deur Senex Interiors in die Wapadrand
winkelsentrum,
gewen deur ’n toegangskaartjie
by die
Paul Jungnickelhuis
se Nickel Kersmark
te koop.
Dit was maar die
tweede keer wat
Chimoné dié Kersmark
besoek het.“Ek sien elke keer
uit daarna,” sê sy.“En dit is vir ’n
goeie doel. As
almal net ’n bietjie
gee kan dit ’n groot
verskil maak vir
baie mense.”
Chimoné sê dat die
een- en driesitplekbanke
in die
Lambrechts se leefarea staan en
die tweesitplekbank in die
braaikamer.
Alle fondse wat met dié kompetisie
ingevorder is, gaan aan die Paul
Jungnickelhuis vir gestremdes in
Lynnwoodweg-verlenging,
Zwavelpoort. |
|