Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 24 October 2016 22:48
Untitled Document

Geskiedenis is gemaak toe ‘n atletiekbyeenkoms tussen private skole vir leerders met leerprobleme in September aangebied is.

Marthie de Bruin Akademie van die Shere hoewegebied, Rietvlei Akademie en Edu-Excellence het in September ‘n atletiekdag by Curro College Hazeldean se velde gehou.


Marthie de Bruin Akademie se leerders by die atletiekbyeenkoms

Geen moeite is ontsien om dié gebeurtenis spesiaal te maak nie. Daar is gehardloop, gespring en gewiggestoot, alles op die vlak van die leerders se vermoë.

Die doel van die dag was om pret te hê en deel daarvan was die heerlike kos wat die skool verkoop het.

 

© 2020 Die/The Bronberger