In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas.

'n Bewolkte dag op 'n plaas naby Bronkhorstspruit. Gunter Gräter het die foto geneem

In September het veteraanmotors en hulle eienaars in Cullinan se Oaklaan gaan kuier
Foto: Ursula Webb

Gene de Lange het dié merkwaardige foto met ’n onlangse besoek aan Kitty Hawk geneem

Sonsondergang op Bashewa
Foto: Andrea Stolz

Veeskut, Billy Crous, sê hy is bevoorreg om twee van dié bome in sy tuin te hê. Die bome blom in elke seisoen van die jaar

Reline Badenhorst het dié gevlekte ooruil afgeneem waar sy ongestoord tussen die klippe op Elandshoek broei. Reline sê die beeste wat om haar wei en nuuskierige mense pla die aspirant ma-uil glad nie. Sy loer net deur een oog op ’n skrefie na alles

Die kaktusblomme is vanjaar prentjiemooi in Barbara Corrine Bennett se hoewetuin
|