Wil Bronnies versprei PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 12 December 2016 13:06
Untitled Document

Daleen Els van Bapsfontein skryf:
Ek hoor toevallig nou oor die radio julle e-pos adres. Is dit miskien moontlik om die BP Vulstasie in Bapsfontein ook te gebruik as ‘n verspreidingspunt van Die Bronberger?

Julle laai dit wel by Gas 2 U af, maar teen die tyd dat ek en vele ander lesers daar uitkom is dit altyd reeds alles weg.

Dit is puik leesstof en ons geniet dit baie.

Dankie vir jou navraag en jou belangstelling in Die Bronberger. Dit is altyd lekker om te hoor hoe gewild die Bronnie is. Ons sal baie graag vir julle tydskrifte wil gee, maar op die oomblik is die aanvraag soveel groter as die hoeveelheid tydskrifte tot ons beskikking. Ons gaan een of ander tyd ons oplaag moet verhoog om voor te bly. Ons skryf julle naam solank op die lys vir wanneer ons meer Bronnies begin druk. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger