Wil stories aflaai PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 12 December 2016 13:07
Untitled Document

Gert Janse van Rensburg van Brummeria skryf:
Vriende (mag ek maar so voorbarig wees?), ek loop van tyd tot tyd die Bronnie raak en geniet veral die geskiedenis-stories baie.

Ons woon in Brummeria by WNNR se ooshek. Waar is die naaste verspreidingspunt waar ek ’n Bronnie kan bekom?

En as daar ‘n artikel is wat ek graag sal wil aflaai – hoe gaan ek te werk? Kan julle dit vir my per e-pos aanstuur, op versoek? Byvoorbeeld die een oor Jan en Maria van Riebeeck? En die een oor die Irene-kampkerkhof?

Ek vra maar . . .

Baie dankie vir jou belangstelling in die Bronnie. Jy is welkom om enige artikel, berig of rubriek en hulle foto’s op ons webtuiste af te laai – www.bronberger.co.za. Die naaste verspreidingspunt aan julle is by Lynnridge Mall – binne in die sentrum by Van Heerdens Apteek en reg oorkant die sentrum by Lots of Pots. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger