Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb 2009 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 23 February 2009 18:06
Untitled Document

Zwavelpoort se eie krokodilvanger, Charl (Crocodile) van der Merwe, is nog sterk op die spoor van die krokkie wat hy onlangs in die spruit gevang het, se maats. Hy het nou die hok en die vaardigheid, sê Charl, en as iemand ’n verdwaalde krokodil raakloop, moet hulle hom asseblief kontak. Sy nommer is: 082-490-2226.

xxx

Ons hoor uit die perd se bek dat die burgemeester van Kungwini op 25 Maart vir ’n nuwe rekord gaan sorg as die “Staat van die Munisipaliteit” toespraak gelewer word. Die toespraak is glo op die man af en bestaan uit net een woord: “Beroerd.”

xxx

Two women philosophising: Of course I remember that cliché. If you love something, set it free. If it comes back, it will always be yours. If it doesn’t come back, it wasn’t yours to begin with. But if it just sits in your living room, messes up your stuff, eats your food, uses your telephone, takes your money, and doesn’t appear to realise that you had set it free . . . You either married it or gave birth to it.

xxx

Dié twee Gautengse plakkaatswaaiers het besluit om humorsin in te span om hulle ‘werk’ meer lonend te probeer maak.

xxx

Betroubaar word verneem dat Gauteng se Groen Skerpioene ’n nuwe naam gaan kry. Dié bewakers van die omgewing gaan glo voortaan die Pienk Hommelbye genoem word; hulle het al die toerusting maar hulle kan nie steek nie.

xxx

Nog ’n sanger het nog ’n kuierplek in Bronberg-gebied oorgeneem. Eers het Bok van Blerk betrokke geraak by die ou Blikbord en dit ewe gepas na “SamBOK Bar” herdoop. Kurt Darren het oorgeneem by die ou Fly Lounge in Hans Strijdomrylaan. Maar, anders as wat ’n ou dalk sou kon verwag, het hy dit nie die “Kurtkroeg” of die “Darren Diner” gedoop nie. Hy het by die boktema gebly en dit die “Springbok Bar” genoem. En dit het niks te make met al die bokkierokkie-liedjies op Kurt se kerfstok nie, maar het blykbaar meer te make met sy vennoot, Pedri Wannenburg.

 

© 2019 Die/The Bronberger