Pajama donkies bring Pretoria se pos en sorg vir ?hebras? en ?zorses? PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 23 February 2009 20:21
Untitled Document

’n Poskoets is mos iets wat deur perde getrek word. Verbeel jou nou wat Pretorianers van die laat 1800’s se reaksie was toe die bekende Zeederberg poskoets een mooi dag agter ’n span sebras op Kerkplein opdaag.

Die klok wat seremonieel gelui is as die poskoets aanland, het waarskynlik meer mense as net diegene wat ’n brief verwag het, nadergelok. In haar Pretoria geselsbrief, skryf Rosa Swanepoel dat perdesiekte ’n groot probleem was in die destydse Zuid-Afrikaanse Republiek. Die firma Green & Erasmus het in Julie 1876 die kontrak gekry om pos in die Republiek te vervoer en hulle het gebruik gemaak van Cob & Co se koetse. Minder as ’n jaar later berig De Volksstem egter dat dié firma 70 perde verloor het weens perdesiekte. Nuwe perde is aangekoop en in September berig De Volksstem dat ’n nuwe poskontrak aan Green & Erasmus toegeken is.

Geen wonder die Zeederberg broers het probeer sebras inspan as trekdiere vir hul poskoetse nie. Blykbaar het die eksperiment nie op die lange duur geslaag nie, omdat die sebras nie so beheerbaar soos perde was nie.


Di foto van die Zeederberg Poskoets met sy span sebras is in die ?Lantern? van Junie 1983 gepubliseer

Elande
Alois Hugo Nellmapius, vriend van Paul Kruger en sakeman wat Irene tot stand gebring het, het ook probeer om sebras en selfs ook elande in te span as trekdiere. Blykbaar was die elande ’n groter sukses.

Dit wil voorkom asof selfs buffels gebruik is vir vervoer. Rosa skryf dat sy op ’n interessante stukkie geskiedenis afgekom het in die Staats Almanak van 1899. Onder die Departement van die Kommissaris van Polisie van Pietersburg en Klein Letaba was daar een “Zwarte Voetpolitie te Buffels”.

Waar ’n polisieman op ’n buffel se rug ’n rare gesig sou wees, was die gebruik van sebras om koetse te trek daardie jare nie so ongewoon nie. Sebras is reeds in 1874 in Parys, Frankryk as trekdiere gebruik. In Engeland het die diereversamelaar, Lord Rothschild, gereeld deur London gery met sy befaamde sebra-koets.

In 1907 het Rosendo Ribeiro, die eerste dokter in Nairobi, Kenia, huisbesoek op ’n sebra gedoen. In die mid-1800’s het Goewerneur George Grey sebras na Nieu Seeland uitgevoer vanaf sy vorige pos in Suid- Afrika. Hy het dié sebras gebruik om sy koets te trek op Kawau, ’n eiland wat aan hom behoort het.


Eclyse, die wreld se bekendste ?hebra?

Inbreek
Kaptein Horace Hayes het in 1891 ’n volwasse bergsebra-hings binne twee dae ingebreek. Dié hings was blykbaar so mak dat selfs Kaptein Hayes se vrou op hom gery het en gereeld op hom afgeneem is.

In 1893 verduidelik hy hoe moeilik of maklik verskillende rasse sebras ingebreek kan word in ‘Points of the Horse’. Hy sê dat Burchell se sebra die maklikste is om in te breek en beskou dié sebras as ideale rydiere omdat hulle immuun is teen die byt van die tsetsevlieg. Hy noem ook dat die kwagga maklik ingebreek en gewoond gemaak kan word aan ’n saal en toom.

Selfs in ons eie omgewing is daar ’n mak sebra wat gery word. In Mei 2003 het Die Bronberger vertel hoe Lila Oechler dit reggekry het om Nyamazan, toe ’n vier-jaar oue Burchell sebra, mak te maak. Hy word gelanseer, het vinnig leer spring en klim sonder probleme in ’n perdewaentjie om vervoer te word. In die laat 1800’s moes sebras egter nie net ingebreek word nie – hulle moes hard werk as trekdiere.

Omdat sebras geneig is om paniekerig te raak onder druk, het mense begin om sebras met perde en donkies te kruis. Dié kruisings vind vandag steeds in sentrale Kenia plaas en die diere word gebruik om deur die Keniabergreeks te trek.


Lord Rothschild neem ?n enkele sebra deur London se strate

Kruis
Volgens kenners word die kruising van ’n sebra met ’n perd, ponie of donkie, ’n ‘zebroid’ genoem. Daar is egter fyner onderskeide te tref:

Volgens Wikipedia is ’n ‘zorse’ ’n kruising tussen ’n sebra-hings en ’n perd-merrie. Die kruising tussen ’n sebra-merrie en perd-hings word ’n ‘hebra’ genoem. ’n ‘Zedonk’ is ’n kruising tussen ’n sebra-hings en donkie-merrie. ’n ‘Zonkey’ is die kruising tussen ’n sebra-merrie en ’n donkie-hings. Blykbaar word ‘zedonks’ soms in dieretuine geteel omdat hulle baie soos die uitgestorwe kwagga lyk. Net soos die muil, is al dié kruisings steriel.

Daar is baie voorbeelde van dié kruisings dwarsdeur die geskiedenis. In 1815 het Lord Morton ’n kwaggahings met ’n vos Arabier-merrie gekruis. Romulus is die naam van die ‘zorse’ wat in die 1890’s geteel is deur James Cossar Ewart. Hy het ook ’n Arabier-merrie gebruik.

Soortgelyke eksperiment is uitgevoer deur die Amerikaanse regering en die resultate het verskyn in ‘Genetics in Relation to Agriculture’ deur EB Babcock en RE Clausen en in ‘The Science of Life’ deur HG Wells, J Huxley en GP Wells.


?n Mak sebra in Oos-Afrika

Weerstand
In die 1970’s is ‘zedonks’ geteel by die Colchester Dieretuin in Engeland om trekdiere te bied met ’n merkwaardige weerstand teen siektes. ’n ‘New York Times’ berig van 16 Junie 1973 noem dat ’n kruising tussen ’n sebra en donkie by die Jerusalem dieretuin gebore is. Hulle het hom ’n ‘hamzab’ genoem.

’n ‘Zony’ genaamd Zetland is in 2001 in Cumbria, Engeland gebore nadat ’n sebra in ’n kamp gelaat is by ’n Shetland-ponie.

In 2005 het ’n Burchell sebra, genaamd Allison, ’n vulletjie met die naam van Alex gekry. Die pa was ’n donkie wat in die hoogland plantasie in die St Thomas-streek van Barbados rondgeloop het.

In 2007 is een van die wêreld se bekendste ‘hebras’, genaamd Eclyse, in ’n safaripark in Schloss Holte-Stukenbrock, Duitsland gebore. Haar pa was ’n perd genaamd Ulysses en haar ma ’n sebra-merrie, Eclipse.

Daar speel ’n ‘zorse’ met die naam van Zabrina in die 2007 fliek, ‘I’m Reed Fish’. In 2007 het Sutton Coleman selfs ’n gedig oor ‘zorses’ gepubliseer, genaamd ‘Ligers, Tigons, and Zorses, Oh My!’


Di 1899 foto is deur JC Ewart geneem van die ?zorse? Romulus

Lord Rothschild met sy beroemde sebra-koets
.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger