Bekende Bronberger skiet vrou, toe homself PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 January 2008 00:00
Untitled Document

Hein Kruger het sy vrou Karen, néé Burger, op Maandag 14 Januarie doodgeskiet en daarna homself. Hy het Karen in die oprit voor haar huis in Equestria voor haar twee kinders geskiet en homself ’n uur en ’n half later in sy dogter se woonstel in Tygerpoort.


Karen en Hein Kruger in gelukkiger dae
Foto: Arna Scheffer

Volgens ’n familie-vriend het Hein Karen 11 keer geskiet. Die twee was besig om te skei en volgens vriende was Hein jaloers omdat Karen iemand anders begin sien het.

Karen was 7 uur die oggend op pad om haar dogter Nikki, 15, en seun Rein, 11, skool toe te vat toe Hein hulle in die oprit voorgekeer het. Hy het haar beveel om uit die kar te klim en het haar daar doodgeskiet terwyl die twee kinders binne bly sit het.

Hein is daarna na die Tygerpoort woonstel toe waar hy saam met sy dogter Madelein Kruger en haar vriend Julius van Zyl gebly het. Madelein en die polisie het saam by die woonstel aangekom. Blykbaar was Madelein bang om die deur oop te sluit en het haar sleutels vir die polisie gegee. Toe die polisie die deur oopsluit, het Hein homself in sy kamer geskiet.

Eben Burger, Karen se eerste man en die pa van haar twee kinders, het kort nadat sy geskiet is op die toneel opgedaag. ’n Traumaberader van die Live Again-traumasentrum is deur die polisie ontbied om Eben en sy kinders by te staan.

Bronbergers het Hein leer ken as die vriendelike kroegman by die destydse Nikos restaurant. Dit is ook daar waar Karen gereeld haar kitaar getokkel het en Joan Baez liedjies gesing het.


Karen met haar kitaar in 2003 by Nikos Restaurant

Bronbergers wat dié paartjie jare lank geken het, sê dat Hein as ’n sagmoedige mens voorgekom het. Daar is egter ook dié wat sê dat Hein baie besitlik was. Hein laat sy dogters Madeleine, 22, en Natasha 26, na.

 

© 2019 Die/The Bronberger