News -
Briewe
|
Wednesday, 18 March 2009 05:26 |
Untitled Document
Stefaans van Tygervallei skryf: Die stukkie onder “kommentaar” in
die Februarie-uitgawe van Die
Bronberger was in die kol. Dit is
hoog tyd dat iemand die treurige,
nuttelose munisipale bestuur van
Kungwini uitwys vir wie en wat hulle
is.
Iets wat my egter pla, is hoekom
Kungwini toegelaat word om
goedsmoeds voort te gaan met
hulle skrynende wanbesteding, as
almal weet hulle dae is getel hier in
ons kontrei waar Pretoria een van
die dae die gemors wat hulle gelos
het, moet oorneem.
Ek wil net nie glo dat Pretoria hulle
goedkeuring aan die wit olifant
gegee het wat hulle broers in
Kungwini nou vir hulle hier in Shere
bou nie. Behoede ons tog.
|