Lang verbintenis vat die koek PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 September 2017 19:27
Untitled Document

Toe die heel eerste Bronnie 15 jaar gelede sy babagesiggie in die Bronberg-gebied kom wys het, was bloot ’n handjievol adverteerders  bereid om pa te staan en om te help met bottelgee en met doekeruil en só. Een van dié baanbrekers was die bekende eiendomsman van Bashewa, Ernst Lösch.


’n Uitsonderlike verjaardagkoek om ’n spesiale verhouding te vier

Hoewel baie adverteerders uit die Bronnie se baba- en kinderskoendae steeds gereeld of sporadies in Die Bronberger adverteer, is daar iets wat Ernst en die Bronnie se verbintenis uitsonderlik maak: Sedert daardie eerste uitgawe in September 2002 het Ernst nog elke maand in elke liewe uitgawe ’n advertensie geplaas. Nie eers een enkele uitgawe is oorgeslaan nie. En dit vat die koek, kan jy maar sê.


Ella en Ernst Lösch

Om dié lang verhouding te vier, het Ernst en sy vrou Ella dit goed gedink om ’n pragtige verjaardagkoek by die Bronnie se kantore te kom aflaai – ’n gebaar wat opreg waardeer is en baie geniet is ook. Ella het die kunstige en smullekker skepping opgetoor.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online