Het jy gehoor? / Have you heard? - Mar 2009 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 18 March 2009 03:55
Untitled Document

Die Bronberg-gebied gaan binnekort spog met ’n rasegte Spaanse restaurant, kompleet met Spaanse danse, disse en selfs Spaanse breekware. Blykbaar gaan dit een van die enigste ‘regte’ Spaanse restaurante in Gauteng wees. Hou Ndlovu Lodge fyn dop vir verdere verwikkelings.

xxx

Vlak langs die Zwavelpoort-teerpad staan ’n verskuifbare kleinhuisie nou al maande lank verlate en vergete. Hoekom? Wel, knap ná die draai van die jaar is ’n twintig-stuks ‘padwerkers’ met grawe langs die entjie teerpad afgelaai. Hoekom? Blykbaar was dit hulle taak om die grassies en bossies op die padskouer teen die teeroppervlak te verwyder. Hoekom? G’n mens weet nie. Maar so het die span elke dag vir byna twee weke met sporadiese tussenposes gekap-kap na die bossies op die padskouer. Telkens as jy daar verbyry sou jy groepies in kringetjies sien sit en kuier, ander behaaglik op hulle grawe in die sonnetjie sien leun en as jy gelukkig is, een of twee sien wat ’n graspolletjie langsaam met die graaf aandurf. Oor etenstye het nie veel sigbaar verander nie. Die span het nog rondgesit, maar dan met borde kos om hulle besig te hou. Die blou kleinhuisie is vir hulle gerief, kan jy maar sê, daar staangemaak. En toe hulle ‘taak’ voltooi is, is die kleinhuisie net daar gelaat staan as die enigste teken dat daar ooit ’n werkspan was.

xxx

Two pieces of good advice for women: Don’t imagine you can change a man - unless he’s in nappies. If you want a committed man, look in a mental hospital.

xxx

Bronkhorstspruit is nie net uniek omdat dit die setel van, bes moontlik, Suid-Afrika se treurigste stadsraad is nie, dit is ook die enigste pleknaam waar ses medeklinkers op mekaar volg: Bronkho(rstspr)uit. Iets nutteloos wat alle Bronbergers behoort te weet.

xxx

Die Bronberger se Telkom-lyn was weer buite werking. Dié keer het ons agtergekom dat selfs as jy ’n fout teen middernag op Telkom se webwerf rapporteer, jy ’n minuut daarna ’n SMS kry wat sê daar is ’n tegnikus in jou omgewing wat nou bewus is van jou probleem.

xxx

Did you hear about the butcher who backed up into the meat grinder and got a little behind in his work?

xxx

As dit by toesmeer kom, hoor ons dat ‘flaterwater’ ’n mooi Afrikaanse woord is vir Tippex. ‘Plooipleister’ is ’n minder mooi woord vir grimering.

 

© 2019 Die/The Bronberger