In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas.

Die eerste reënboog van die seisoen, op Kaalfontein by Du Plooy Melkery
Foto: Annerie van Jaarsveld

Die son speel wegkruipertjie voor hy sak, sê Emma Koekemoer oor dié foto van haar

Kroonkiewiet se kind het amper tot op Gene de Lange se Bashewa-stoep gevorder agter broodkrummels aan

Soek die by . . . Sunette Alers du Toit het die foto van ’n grenadellablom geneem

Reline Ehlert Badenhorst het dié uitsonderlike sonsondergang op Nooitgedacht vasgevang

Beloftes van reën met die son wat water trek oor Kaalfontein
Foto: Hannelie O’Neil

Nog ’n asemrowende sonsondergang oor Bashewa
Foto: Gene de Lange

Ronell van der Merwe het dié foto op 9 Oktober na ’n lekker reënbui geneem terwyl sy met Zambesirylaan-verlenging op pad na Cullinan was

Die wolke pak saam oor die Bronberg. Sien jy die skaduweeman in die middel?
Foto: Gene de Lange

Die twee-jarige Wilné Henrico by haar beste maatjies op die Du Plooys se melkplaas op Kaalfontein. Haar ma, Samantha Henrico, het die foto’s geneem

Sonsondergang op Tweedracht, gesien deur die lens van Daleen Small

Sonsondergang oor Welbekend soos gesien deur die lens van Ronell van der Merwe

Annerie van Jaarsveld het dié foto vroegaand van 7 Oktober op Kaalfontein geneem, net voor dit begin reën het

Emma Koekemoer het dié foto van ’n goue sonsondergang oor Rayton geneem

Die sonsondergang-foto is deur Wilma Botha van Rayton geneem

Hoog in die takke kan ‘n mens die pou-mannetjies net-net uitmaak. Roseanne Els, wat die foto geneem het, sê dat dié pou-mannetjies in broeityd daar slaap om hulle wyfies te waarsku teen dreigende gevaar. Die Els-gesin het 14 poue |