In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas.

Ge Jooste van Zwavelpoort wys hoe mooi die Bronbergrif is waar hy woon

Adéle Bester het dié reënboog naby Bapsfontein verewig

Jakkals en Max wil altwee sien wat aan die anderkant aangaan. Die foto is by Broodblik en Koffiepit naby Bapsfontein geneem
Foto: Adéle Bester

Ed Willers het dié jong gespikkelde dikkoppe in sy tuin by World’s View buite Cullinan afgeneem

Ben van der Vyver het dié sonsondergang oor Cullinan se gholfbaan afgeneem

Op Maandag, 20 November het Emma Koekemoer dié sonsopkoms afgeneem: “As die dag so begin, kan dit net ’n goeie dag wees,” sê Emma

Ná ’n lekker reënbui het Ronell van der Merwe dié foto by Welbekend se Windpomp Boerdery geneem

’n Vreemdsoortige wolkformasie oor Kaalfontein
Foto: Hanlie O’ Neil

Dié roofvoëlwolk wat oor die plaas, Onbekend, dreig is deur Ronell van der Merwe afgeneem

Sunette du Toit sê hulle het amper te laat dié kiewieteiers op hulle hoewe raakgesien

Blesbok se kind kon nie wag om weg te lê aan die groenigheid op Johan Pieterse se Zwavelpoort-hoewe nie

“Hier agter by ons nessie, laatmiddag geneem,” sê Bianca Steyn oor hierdie foto

Net nadat sy die braaivleisvuurtjie brandgemaak het, het Alet Erasmus van Kleinfontein dié sonsondergang afgeneem

Nog ’n skouspelagtige sonsondergang in Bronbergland
Foto: Ben Geldenhuys

En die son sak oor Bashewa
Foto: Gene de Lange |