Vergete Britse prins Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 20 April 2009 12:22
Untitled Document

Dit spook glo by die vergete Britse prins se graf in Pretoria se Kerkstraat-begraafplaas. In Die Bronberger se Maart-uitgawe het ons vertel dat koningin Victoria se gunsteling kleinseun, prins Christian Victor, meer as ’n honderd jaar gelede hier in ’n beskeie soldategraf begrawe is.

Intussen het nuwe foto’s oor dié prins se sterfte in ons besit gekom. Die foto’s wys hoe Prins Christian Victor se kis, die tent waarin die kis in staatsie gelê het, die prins se sterfkamer en die prins se graf voor die grafsteen opgerig is, gelyk het.


Die buitekant van die tent, aangedui as ?Chapel?, waar die prins se kis in staatsie gel het
Foto?s: Uit Rosa Swanepoel se elektroniese versameling

Prins Christian Victor se kis in die tent
.
.

Die foto’s is aan ons gestuur deur Rosa Swanepoel. Sy sê dat een van haar broers ’n ruk gelede ’n klomp ou foto’s by ’n antieke handelaar raakgeloop het.

“Hy wou ’n plaas se prys daarvoor hê, wat ons nie kan bekostig nie, maar het gelukkig die foto’s vir ons geleen om op rekenaar te sit,” sê Rosa. “Ek verstaan dit is toe aan ’n oorsese handelaar verkoop.”


Die prins se graf voor die grafsteen
opgerig is

Die prins se sterfkamer
.

Die foto’s wat hier gewys word is deur C Basson & Co geneem. Hulle het rondom die draai van die vorige eeu poskaarte gedruk. Rosa het ’n hele paar foto’s van C Basson & Co wat volgens Carol Hardijzer, versamelaar en kenner van Anglo-Boereoorlog foto’s, geneem was met die oog op poskaarte. Of sulke poskaarte van die prins se sterfte ooit gedruk is, is nie bekend nie.

Prins Christian Victor is in die ouderdom van 33 jaar op 29 November 1900 in die Yeomanry Hospitaal, wat in die huis van Tom Beckett in Arcadia ingerig is, oorlede.

Hy is aan ingewandskoors dood nadat hy deur malaria platgetrek is. Sy volle benaming was prins Christian Victor Albert Louis Ernest Anthony van Schleswig-Holstein-Sonderberg-Augusterburg. Hy was die derde seun van koningin Victoria en prins Albert se derde dogter, Helena. Sy pa was prins Christian van Schleswig-Holstein.

 

© 2020 Die/The Bronberger