Plakkers is kopseer in Tiegerpoort Print E-mail
News - Briewe
Monday, 18 May 2009 05:48
Untitled Document

Gatvol van Tiegerpoort skryf:
Dit wil voorkom asof die huisvesting van plakkers en onwettige immigrante ’n algemene neiging is ook hier op Tiegerpoort. Kom kyk maar net na plot 184 en ook so bietjie verder af met die pad waar konstruksieplakkers so tussen die wattles bly.

Hier is dieselfde probleme van geraas en onwettige sluikkroeë wat bedryf word. O ja, dit help nie om die gereg by te sleep nie, want niks gebeur daarvan nie.

My vraag is: Dink die eienaars en werkverskaffers net aan hulle self? Sekerlik, want hulle gee nie om wie daar bly en weet nie eers wie daar bly nie. Nou wonder ek net, is daar nie wette teen sulke optrede nie? Ek vra net of die eienaars nou geen duit omgee of jy dalk ’n krimineel huisves op jou eiendom nie.

As die mense nie eers paspoorte het nie, hoe weet jy, meneer? Maar duidelik gee jy nie om of hulle dalk siektes versprei oor daar nie ablusiefasiliteite is nie. Jy onthou nog die cholera, meneer? Ek wonder maar net.
Brief verkort. - Red

 

© 2020 Die/The Bronberger