Soek kaart van ons gebied Print E-mail
News - Briewe
Monday, 18 May 2009 05:53
Untitled Document

Adel Schreiber van Silver Lakes skryf:
Ek is ’n redelike onlangse intrekker in hierdie gebied (Silver Lakes) en geniet u tydskrif.

U noem baie areas in u tydskrif en ek het nie die vaagste benul waar hierdie areas is nie, soos Zwavelpoort, Tygerpoort, Tierpoort, Rietfontein, Bashewa, Welbekend, Klipkop, Mooiplaats, Donkerhoek, Pienaarspoort, Vaalbank, en nog meer.

Is dit dalk moontlik om in ’n toekomstige uitgawe op ’n volblad kaart van die gebied aan te toon waar al hierdie gebiede is – sal baie help om die area te leer ken. Moontlik kan dit ’n standaard bladsy in u tydskrif wees, aangesien daar tog voortdurend nuwe mense in die gebied intrek wat dalk ook nie weet waar al die areas is nie.

Dankie vir die voorstel, Adel. Ons maak in ’n volgende uitgawe só. - Red

 

© 2020 Die/The Bronberger