Mense gee nie meer om nie Print E-mail
News - Briewe
Monday, 18 May 2009 05:54
Untitled Document

Johan van die Bronberg skryf:
Ek en my ouers geniet elke maand se Bronberger baie en wil dankie sê vir ons skitterende eie publikasie wat regtig ’n mondstuk is vir ons area en sy mense. Die artikels oor geskiedenis in “toeka se dae” is my gunsteling en ou Vreethans se kuierstories is kostelik en help terselfdertyd vir my om te besluit waar ons volgende keer gaan uiteet.

Ons bly al baie jare hier in die Bronberg en ek is ook hier gebore en het hier grootgeword. Deur die jare het ek baie veranderinge gesien, nie net met die ontwikkeling en die baie nuwe huise nie, maar ook hoe die mense verander het. Die mense van ons area was in die verlede altyd baie vriendelik en baie hulpvaardig. As iemand in die nood was, het mense altyd uit hulle pad gegaan om te help en almal het gegroet en het tyd gehad vir mekaar.

Mense het nog omgegee oor mekaar en het by mekaar gekuier en na mekaar omgesien. Vandag is dit nie meer so nie. Mense is regtig sommer onbeskof en het nie meer eers die ordentlikheid om mekaar te groet nie.

Ek sê nie dat dit net die nuwe intrekkers is wat ongeskik is nie, want dit lyk of selfs van die ouer Bronbergers by hulle aangesteek het.

 

© 2020 Die/The Bronberger