Ry of bly: Wat ons mense vir dié Kersvakansie beplan PDF Print E-mail
News - Artikels
Friday, 07 December 2018 08:29
Untitled Document

In die aanloop na die Kers- en vakansieseisoen het ons by ‘n aantal Bronnie-lesers aangeklop om te hoor wat hulle beplan. Ons wou weet of hulle iewers heen reis en of hulle tuis bly en wat die rede vir hulle bestemming of die tuisblyery is. Ander vragies was: As jy kon kies om enige plek te besoek, wat sou jou ideale vakansiebestemming wees? Onthou jy somervakansies uit jou verlede waarna jy verlang? Wat beplan julle vir Kersfees en vir die Kersete? Wat is jou mening oor die gebruik om vuurwerke en klappers oor die Kerstyd en met Nuwejaar af te skiet?


Bianca Steyn
van Cullinan sê vir hierdie jaar het hulle besluit om die Kerstyd saam met die familie te hou waar hulle bymekaar kan kom en tyd saam kan spandeer.

As sy enige bestemming vir ‘n vakansiereis kon kies, sou dit beslis Italië wees. Bianca sê sy droom al klaar oor hoe sy en haar man, Riaan, deur Venesië se kanale roei tussen die ou pragtige geboue. Sy dink dit kan ’n baie romantiese ervaring wees.

“Ons was verlede jaar in Botswana wat ’n groot belewenis vir ons was. Behalwe vir een kwaai olifant in die nag wat ons almal op hol gejaag het en my skoonpa se tweeman-karavaan wat in ’n beknopte vierman-woonwa verander het (ons het ons eie tent gehad, maar was te bang om in hom te slaap), sal ek enige tyd weer Botswana toe gaan,” sê Bianca.


Bianca en haar man Riaan iewers in Botswana

Op Oukersaand beplan hulle ’n vingerete en om as familie ’n klomp bordspeletjies te speel. Hulle is nog besig om die ‘groot dag’ se etes te reël maar op Kersfees sal “ons almal om ’n tafel sit en die Here se verjaarsdag vier,” sê Bianca.

Sy hou net mooi niks van die lawaai van vuurwerke nie. Sy kry al die dierekinders jammer as dit nader aan die feestyd raak. Bianca hoop sommer dit reën sodat mense “nie die goed kan aansteek nie”.


Marlizet Dempers
van Faerie Glen gaan nie weg vir die vakansie nie aangesien haar seun sy pa in Langebaan die komende vakansie sal besoek.

Sy meen daar is baie plekke wat die ideale bestemming vir ‘n heerlike vakansie sal wees. Marlizet voel egter sterk daaroor dat ‘n mens jou eie land behoorlik deurtoer voor jy oorsee gaan. Sy het eers oorsee gaan toer en is baie spyt daaroor. Sy was byvoorbeeld nog nooit in Namibië nie en sy beplan ’n padreis saam met haar seun daarheen.

“Soos baie het ek meer as een gunsteling bestemming, maar ’n baie goeie herinnering is ’n vakansie in Sodwana en ek sal ook graag my seun daarheen wil neem om dit te ervaar,” sê sy.

Hierdie jaar beplan sy nie werklik iets spesiaal vir Kersfees nie en sal dit heel waarskynlik saam met vriende en familie geniet.

Marlizet sê sy is glad nie ’n voorstaander van vuurwerke nie en meen dit moet veral in woonbuurte verbied word.


Ds Chris Lötter
van Rayton sê weggaan met ’n lekker vakansie was hulle lanklaas beskore. Hy is verantwoordelik vir bediening aan die Zambezi Christen Gemeente in Pandamatenga, Botswana en Katima Mulilo in Namibië. Eenmaal per maand besoek hy die gemeentes vir eredienste en normale bedieningspraktyke. Gewoonlik vlieg hy alleen vir ’n naweek om die gemeente te gaan besoek en eredienste te hou en ander gemeenteverpligtinge uit te voer. Met Kersfees maak hy en sy vrou soms daarvan ’n kampvakansietjie op pad soontoe en terug. “Die bietjie alleen-tyd onder ’n Botswana-maroelaboom is goud werd,” sê ds Chris.

“Ons geniet die mense en die bosse van Botswana en die Caprivi. Ek vind dit moeilik as predikant om tuis te wees en vakansie te neem, want ’n mens kan jou tog nie afsny van die nood en seer rondom jou met die verskoning dat jy met vakansieverlof is nie. So as ek by die huis is, is ek hier. As ek in die bos is, is ek weg,” sê hy.

“Ek is ’n ou wat hou van avontuur en om gedurig nuwe paaie te ry en nuwe plekke te besoek. Enige plek waar ek mooi foto’s kan neem, die natuur kan geniet, ’n vuurtjie kan maak, ’n visarend kan hoor roep, ’n seekoei kan hoor snork, ’n leeu kan hoor brul, ’n berg kan bekyk, ’n brander kan hoor breek (Stormsriviermond), of kleinkinders kan hoor gil van plesier, is reg vir my!”

“Die mooi van Stormsriviermond saam met ons kinders toe hulle nog klein was, sal ons nooit vergeet nie en hoop om eendag weer daar te gaan kamp. Dié keer saam met kleinkinders!”

“Kersfees saam met die mense van die Botswana-gemeente is altyd ’n heerlike ervaring. Na die Kersoggenddiens eet ons gewoonlik saam, êrens in die bos. Enige kos, braai of kouevleis, solank daar koekstruif (trifle) is,” sê ds Chris. 

Hy dink die skiet van klappers, veral oor Kersfees, is totaal onnodig en onvanpas. Welwetende wat dit aan ons troeteldiere doen, dink hy dit is iets wat beslis nie in woonbuurtes toegelaat behoort te word nie. ’n Paar mooi vuurwerke op die strand of langs die dam om die Nuwejaar te verwelkom kan volgens hom binne perke toelaatbaar wees. Hy weet egter nie of dit dalk ’n negatiewe uitwerking op die visse en paddas het nie! “Dalk moet die vissermanne ons sê . . .”


Louise du Plessis
van Silver Lakes sê hulle was reeds in Junie weg met vakanse. Dit was ’n uitgebreide bootvakansie in Europa en hulle het onder meer gereis na Kroasië, Griekeland, die Griekse eilande, Turkye en Egipte.

Louise se gunsteling-vakansiebestemming in Suid-Afrika is Plettenbergbaai. 

Kersfees hou hulle ’n familiesamekoms tuis met ’n tradisionele groot Kersete, Kerskouse vol geskenkies en heerlike saamkuier. 

Sy is gekant teen die afskiet van vuurwerke omdat dit wreed is teenoor troeteldiere.


Dit is Annelies Comrie se eerste Kersvakansie sonder haar oorlede man. Annelies skryf: “Vakansietyd: Om drie seuntjies en ’n meisiekind te kon sien opgewonde raak, was voorwaar ’n voorreg. Karavaan, inpak, in die donker al ry, padkos, speletjies en wie sien eerste die Durbanse see!”
“Dis jare later: Kinders is getroud en my liewe man oorlede. Dit was ’n huiljaar, ’n alleenblyjaar en ’n genadejaar . . .

“Dis vakansietyd. Kinders en kleinkinders verdien hulle vakansie. Een bly ver. Ek bly tuis in my gesellige huisie met die boomryke tuin . . . en gaan nog meer na manlief verlang. Verlede Kersdag is hy opgeneem in Wilgers. Nooit gedink dat hy nooit weer in die sonskyn van ons mooi tuin sou terugkom nie. Waardeer mekaar en wees deel van ’n geseënde Kerstyd.”


Christa Wasserman
van Pretoria sê hulle gaan weens haar man se werk, nie weg dié vakansie nie. Hy is ’n senior polisieoffisier en werk regdeur die Kerstyd.

As Christa ’n vakansiebestemming kon kies, sou dit Paternoster en die Weskus wees, waaroor sy baie goeie herinneringe het. Of dalk die bosveld, sê sy.

Sy beplan ’n minder tradisionele Kersete met slaaie en koue peuselkos.
Van vuurwerke, sê Christa, hou sy net mooi niks.


Martie Kraamwinkel
van Elandshoek bly dié vakansie tuis en haar Kaapse kinders kom kuier vir Kersfees. “Hopelik,” sê Martie, “kry die een in Dubai ook ’n vlug huis toe.”

“Verlede jaar was hulle by my skoonsuster in Bloubergstrand aangesien hulle haar nie alleen wou laat nie ná haar man skielik in Mei oorlede is. My man, Leunis, is in Maart vanjaar oorlede,” sê Martie.
’n Ideale vakansiebestemming vir haar sou Bloubergstrand wees, waar haar ‘middelste dogter’ en dié se man woon.  

Vir Kersdag beplan hulle ’n rustige familietyd saam en beoog ‘niks uitspattig’ vir die Kersete nie.
Martie het honde en woon in ’n bewarea. Volgens haar is klappers wreed.


Karin van Helvert Saffy
from Tierpoort will remain at home over the Christmas period.  She finds that going away is just not worth it. “Number one, it is hectically expensive where ever you go and number two, there are so many people that it just is not fun for me. Tierpoort is just wonderfully quiet, I have my own swimming pool and ‘kan lekker braai en swem’ without the maddening crowds,” she says.
Even though she has been to Amsterdam on numerous occasions, she would love go there and experience a real white Christmas.

“Both my parents were born there and have told me such wonderful stories of the magic of Christmas in those days. Ice skating on the ‘Amsterdamse grachte’, all the magical little stalls selling anything from hot chocolate, delicious Erwten soup, eating herring with onions and gherkins and ‘Hollandse kroketten’. The beautiful old buildings decked in lights can only be a magical sight.”

“Even though they grew up during the world war and there was very little money, there was always a feeling of family and they made the best of what they had. Unlike today’s Christmas, which is so consumer driven it makes you tired just thinking about it,” says Karin. 

One of her favourite childhood holidays was in Mozambique. They always used to go to Saint Martino – today known as Bilene. “We had a little old slipstream caravan and an old Morris Minor and off we went. My parents, brother and I. We would meet all my uncles, aunts, cousins and gran over there. Us kids would swim and play all day in the lagoon. I actually learnt to walk on that beach. Prawns and fish were very cheap and we ate plenty of those.”

“One year we got told that the water was contaminated and it was undrinkable. My dad and uncle Jan promptly made a very good plan. Instead of water they would use wine for everything, including brushing their teeth in the morning. I can tell you, my mother and aunt were not impressed.”

According to Karin her dad was also a stickler for tradition, so even though it was boiling hot and their main living/kitchen area was a huge tent, he would insist that her mom make ‘oliebolle en appelflappen’ on old year’s eve. She will never forget her poor mother sweating away for hours, but they were delicious and her mom made these every year until she died. 

All her ‘kids’ and ‘grandkids’ and some friends will join Karin for Christmas lunch on the plot. As they walk in she will blast them with her Boney M Christmas carol CD – just in case they forget it is Christmas.

“I drive them mad with this, but best they deal with it. We usually buy gifts for just the grandkids and they will then get spoilt rotten under the Christmas tree with many presents and great excitement.” 
Karin has not even given the meal any thought yet. She will probably make ‘Hollandse kroketten’ for a snack. She will try to find some wonderfully easy starter and they will more than likely do the traditional turkey, gammon, roast lamb with potatoes and veg bit. Dessert will be her homemade Christmas cake, which her late husband Eddie always insisted she bakes and which she has now learnt to love. 

She is completely against the use of any fireworks whatsoever. What it does to the poor animals is just not worth it, Karin said. 


Hermann Grobler
gaan na ‘n groot familiesaamtrek in Naboomspruit. “Dit is heerlik en pragtig in die bosveld hierdie tyd van die jaar. My swaer is baie goed ingerig en wil ons graag bederf,” sê Hermann.
As hy een spesiale vakansiebestemming moet kies, sal dit definitief Nossob in die Kgalagadi wees. Volgens hom is dit ’n paradys vir enige fotograaf.

’n Wonderlike vakansie wat hom bybly was in die Krugerwildtuin oor Kersfees en Nuwejaar van 2016. Hulle het fantastiese ‘draadbraaie’ gehou langs die draad in die Shingwedzi-kamp.


Hermann op ‘n wildtuinvakansie

Vir Kersdag beplan hulle ’n rustige dag. “Die oggend gaan ons ’n Kersdiens bywoon en daarna sal ons by die swembad en vure verkeer. Kersete sal bestaan uit koue slaaie en ons gaan sosaties en beesvleis braai. Nagereg sal roomys, koue poedings en waterlemoen wees.

Herman sê hy is ‘heeltemal gekant’ teen die gebruik van vuurwerke oor Kersfees en Nuwejaar. “Ons dierevriende kry baie swaar en sommige diere kan glad nie die lawaai hanteer nie.”

 

© 2018 Die/The Bronberger