Is sy joune? PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 28 January 2019 11:40
Untitled Document

Carina Kotze van Mooiplaats skryf:
Ek het in die begin van Desember ’n hondjie in die pad opgetel, nie ver van die Boschkopse Polisiestasie af nie. Sy het in die pad gehardloop, heeltemal verward en uitgeput.

Dit moet iemand se huishondjie wees, want sy is lekkerbekkig; eet net vleis en is gewoond daaraan om op meubels te lê. Sy is te dierbaar en goed geleer. Sy is mal oor kar ry en wil net orals heen saamry. Ek het vir Wet Nose Dierereddingsentrum en al die veeartse in die omgewing laat weet, dit ook op die gemeenskapsgroep gesit, maar niemand het navraag gedoen nie. Dalk was die eienaar op vakansie?


Die hondjie wat Carina opgetel het

So, ek wil nog een keer probeer.  As sy iemand se ‘liefie’ is, hoop ek hulle lees Die Bronberger, want dis die beste blootstelling wat die hondjie kan kry. Dalk kan ek iemand se hart bly maak, maar hulle sal my eers moet oortuig hulle is die regte eienaars, of sy bly maar hier.

Ek dink sy mis haar mense. Dit lyk of sy hulle soek. Bel my by 083-293-0106.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger