Skrik van Zwavelpoort aangekeer PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 February 2019 08:12
Untitled Document

‘n Man wat Zwavelpoort-inwoners al maande lank terroriseer is op 29 Januarie in hegtenis geneem.

Echo-1 se sekuriteit-reaksie-offisiere het die man, wat van diefstal aangekla word, om 6 vm naby Willows Riding Centre aangekeer.


Die verdagte wat aangekeer is
Foto’s: Verskaf

Hy het by die stoorkamer van een van dié sekuriteitsmaatskappy se klante ingebreek en ‘n groot hoeveelheid klere gesteel.

Daar is bevestig dat dié man sedert Junie 2018 op Echo-1 se dophou-lys is. Hy was verlede jaar vir twee ander huisbrake en ‘n gewapende roof in Zwavelpoort verantwoordelik.


Die sak klere wat gesteel is

Die verdagte het voorheen in die omgewing gewerk. Ná hy daar weg is het hy snags terug gegaan om die inwoners te terroriseer.

Die Mamelodi Taakspan hanteer al die dossiere en konstabel Sekome het bevestig dat hulle borgtog gaan teenstaan.

 

© 2019 Die/The Bronberger