Lof vir wagte in Shere Print E-mail
News - Briewe
Monday, 22 June 2009 17:37

 

Charmaine Marginter van Shere skryf:
Ek is Charmaine Marginter en bly in Shere. In die laaste paar weke het ons ’n paar insidente in die gebied gehad wat sal maak dat enige mens hul goed sal wil vat en loop. Ek moet vir ander vertel van die groep wagte wat in ons area werk en vir die Here dankie sê vir hulle. Die twee kere wat mense by my ingebreek het was Zelitech die eerste mense wat my kom help het. Die wagte is menslik en behulpsaam; hulle gee werklik om en dit is nie net ’n werk vir hulle nie. Om die hoek van my het twee bejaardes erg beserings opgedoen toe diewe hulle oorrompel het. Weereens het Zelitech gejaag na die toneel en gaan instaan.

Ek het gister die eienaar ontmoet toe hy kom kyk het hoe gaan dit by my en of hy met enigiets kon help. Die oggend het daar weer mense onder die elektriese heining deurgekom. Nico is die span se leier en hy is besig met ’n visie en sien sy span as ’n lig wat die donkerte weerstaan.

Ek kom toe agter dat Zelitech vir die bejaarde paartjie ’n alarm gaan installeer . . . gratis. Die oom is nog in die hospitaal en die tannie alleen op die plot. Zelitech het ’n wag op die plot om na die tannie om te sien.

Mense in Shere, hou op om met die wagte fout te soek. Maak oop julle oë en sien die lig wat hulle dag en nag in die area dra om families veilig te hou.

Suid Afrika soek die Here aan.

 

© 2020 Die/The Bronberger