Veterane word ondersteun PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 March 2019 07:15
Untitled Document

Weermagveterane het die laaste naweek in Februarie ‘n ontbyt-byeenkoms by Bronberg-restaurant in Zwavelpoort gehou.

Die geleentheid is deur die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Orion-eenheid gereël. Die vereniging is in 2009 deur generaal Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die SA weermag, gestig.


Agter, van links na regs: Ed Ruziecki, Pieter Joubert, Dawid Day en Ben Greyling. Voor: Lieutenant-Generaal Raymond Holtzhausen
Foto: Felicia Nkhwashu

Die vereniging help lede om by die departement van militêre veterane se databasis te registreer om aansoek te doen vir voordele wat deur die Wet op Militêre Veterane, 2011 verskaf word.

Hulle reël ook hulp vir post-traumatiese stressindroom, gedenkdienste, kerkdienste en opleiding om in die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) te integreer.

 

© 2019 Die/The Bronberger