In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Gene de Lange van Bashewa sê sy buurman se ‘struisvogel’ staan gereeld en oefen om die werk van die Bronnie se haan oor te neem as die winterkeelseer dalk die hoender se stem te hees vir die taak maak

Engela Botes het dié foto by Kiepersolkamp in Zwavelpoort geneem

Die son sak agter Cullinan se diamantmyn weg
Foto: Laurika van der Linde

Indrukwekkende wolkformasies net voor sononder op Donkerhoek
Foto: Wiehahn Goose
Cap: lensa dawie badenhorst:
Dawie Badenhorst het dié ‘versamelspinnekopnes’ op Nooitgedacht raakgeloop – of gelukkig net-net misgeloop

Die bont bulkalf van haar buurman was volgens Lia Botha geensins kamerasku nie

Hesti van Aarde se sesjarige dogtertjie, Elri, staan gretig nader om Jarpi, haar hansdonkie van drie maande oud, bottel te voer

Johann Pretorius van Grootfontein het dié hoep-hoep in sy tuin raakgeloop. Vir Johann is die hoep-hoep sprekend van ons gebied

Soms kan ’n mens net verstom staan oor die kleure, sê Eus de Clerk

Emma Koekemoer het die watervoël in ’n passiewe oomblik van droogword afgeneem

’n Toneel op Harmonie Proteaplaas
Foto: Laurika van der Linde

Die son verkleur die omgewing en spoorlyn op Elandshoek
Foto: JJ van Staden

Langs die Brandbachpad het Anneline Grobler op dié toneeltjie afgekom

Kosmosse bly mos maar mooi in die vroeë herfstyd. Laurika van der Linde het dié perskleuriges afgeneem

Wintervoer word vir ’n melkplaas afgemaak
Foto: Johann van der Linde

’n Eensame ooievaar soek padkos in ’n gesnyde stuk grasveld
Foto: Johann van der Linde

Perfek in sy broosheid: Laurika van der Linde het dié naaldekoker vasgevang
Die aasblomme vertoon dié tyd van die jaar te fraai, maar die reuk is van so ’n aard dat dit vir enige brommer onweerstaanbaar is
Foto’s: Eus de Clerk |

Bernadette Gresse het dié nonnetjiesuil op haar kêrel, Gysbert Snyman, se plaas op Doornkraal afgeneem

Bloukop woon al drie jaar lank in dieselfde boom op Cullinan, sê Maxine Mattheus
|